‘n Trotse tradisie en uitstekende kliëntediens vir 36 jaar!

In 2019 vier APBCO 36 jaar van uitstaande kliëntediens en ’n geskiedenisryke tradisie. APBCO het in 1983 ontstaan as ‘n familiebesigheid wat gebou was op die beginsel van nis produkte met die fokus op kliënt- gesentreerde oplossings en individuele aandag. In ‘n verskeringsbedryf waar die meeste verskaffers meer belang gestel het in die syfers as die mense, het APBCO vinnig op die bedryfsradar gekom as die voorkeur korttermyn versekeringsinstansie van keuse.

Hierdie sterk beginsel het APBCO vinnig laat groei tot ‘n formidabele korttermyn versekeringsinstansie met doelgerigte adviesdienste. Duisende lojale kliënte en ‘n diversiteit van unieke versekerings produkte het ook hiertoe bygedra.

Die feit dat ons gegroei het tot so ‘n groot uitgebreide familie, het ons, sowel as ons kliënte, bevoordeel. Die professionele en kundige ervaring en kennis onder een APBCO vaandel, is doelgerig ingestel om die klient te dien.

 

Ons fokus op:

  • Die bepaling en kwantifisering van risiko VOOR die uitreiking van ‘n poliskontrak
  • Kliënte bystand en ondersteuning op ‘n persoonlike vlak om te verseker dat pasgemaakte vesekeringsoplossings by elke individu aangebied word.
  • Die bou van langtermyn verhoudings: elke makelaar bly gekoppel aan ‘n polis solank as wat dit aktief is.
  • Die onderneming om die eerste kontakpunt te wees vir die hantering van eise, wysigings of professionele advies.
  • Ons leidende rol in die versekeringsbedryf deur onsself deurlopend op hoogte te hou met alle nuwe ontwikkelings en veranderings in hierdie uitdagende bedryf.

 

Ons lojale kliente van die afgelope 36 jaar se terugvoer spreek boekdele in hierdie verband:

“Lank lank gelede, toe APBCO begin het, was ek daar. Ek was in die gelukkige posisie om APBCO se heel eerste polishouer te word. Ek was beïndruk met hul beleid om hul kliënte eerste te plaas deur van die begin af uitnemende diens aan elke polishouer te lewer. Ek loop nou al 36 jaar saam met hulle ‘n pad dwarsdeur ons motor botsings en ander eise en is steeds by APBCO. Ek het geen planne om ooit van makelaar te verander nie. Dankie APBCO en doen so voort!”

– André J Kotze

 

Vir professionele advies en ondersteuning rakende jou versekeringsbehoeftes, kan ons gekontak word deur hier te kliek.

https://www.apbco.co.za/wp-content/uploads/2019/02/APBCO-Headers-21.png