Geagte Gewaardeerde Kliënt

In die lig van die COVID-19 Pandemie wat deur die WORLD HEALTH ORGANISATION (WHO) verklaar is, die nasionale noodtoestand in Suid-Afrika en die gevolglike afkondiging van die algehele sluiting deur ons President, het ons ‘n aantal protokolle in plek geplaas om ons personeel, sakevennote en ons gewaardeerde kliënte te beskerm teen die moontlike infeksie en verspreiding van die COVID-19 virus.

Met onmiddellike effek en tot latere kennisgewing is alle persoon-tot-persoon kontak gestaak, addisioneel tot die WHO se voorgestelde beste praktyke. Ons waardeer u persoonlike besoeke aan ons verskeie kantore, maar ongelukkig moes ons ons kantore sluit om te voldoen aan die nuutste regulasies.

Ons personeel is egter nog steeds bereikbaar via epos en telefonies op 0861 24 36 48. Indien u ons telefonies kontak sal u deurgeskakel word na die betrokke persoon se selfoon. Hierdie proses mag ‘n paar sekondes neem, moet dus nie aflui nie.

Ons harte en gedagtes gaan uit na diegene wat deur die COVID-19 virus geaffekteer word en ons waardeer elkeen se moeite om die COVID-19 virus onder beheer te bring.

Wees asb verseker van ons diens en beskikbaarheid ten opsigte van u versekering by APBCO.

Wees veilig en belangriker nog, bly gesond.


APBCO
Die APBCO geassosieerde maatskappye is gemagtigde verskaffers van finansiële dienste.
U kan kies om nie in die toekoms kommunikasie vanaf APBCO te ontvang nie deur op die skakel hier onder te kliek. 
Kliek Hier