NUTTIGE VERSEKERINGSWENKE OM BEURTKRAG TE BEHEER

NUTTIGE-VERSEKERINGSWENKE-OM-BEURTKRAG-TE-BEHEER

Nuttige Versekeringswenke om Beurtkrag te Beheer

 

Beurtkrag is ongelukkig ‘n voortdurende werklikheid in Suid-Afrika, wat mense se daaglikse lewens ontwrig, sekuriteitsrisiko’s verhoog en elektriese toebehore beskadig. Gevolglik is dit noodsaaklik om op hoogte te wees van hoe beurtkrag u versekering beïnvloed. In ons vorige plasing het ons gefokus op die impak van beurtkrag op u versekeringsdekking. Kom ons ondersoek nou ‘n paar nuttige versekeringswenke wat u sal help om die uitdaging van beurtkrag te beheer:

 

·       Skeduleer volgens Die Skedule:

o   Laai ‘n betroubare Eskom Toepassing (soos EskomSePush) op u foon af om tred te hou met enige geskeduleerde onderbrekings in u area.

o   Skakel enige sensitiewe elektroniese apparate vooraf af om moontlike skade te beperk.

 

·       Beskerm uself teen kragstuwings:

o   Belê in kragstuwingsproppe om al u elektroniese toebehore teen onverwagse stuwings te beskerm.

o   Het u al gehoor van Distribusiebord Kragstuwingsbeskerming? Gebruik ‘n gekwalifiseerde elektrisiën om kragstuwingsbeskermers binne u hele huis te installeer. Hierdie is dikwels ‘n verpligte vereiste by etlike versekeraars, anders moet die kliënt ‘n bybetaling maak wanneer hy/sy wil eis vir skadevergoeding.

 

·       Bly gelaai:

o   Maak seker dat alle selfone, skootrekenaars, ens. ten volle gelaai is voor die geskeduleerde beurtkragtye, en herlaai dit so gou as moontlik nadat die krag weer aangekom het.

o   Indien moontlik, belê in ‘n draagbare kragbank of omskakelaaropstellings (beide kan wissel van meer bekostigbare kleinskaalse toestelle wat klein toebehore kan hanteer, tot grootskaalse en duur toebehore wat nie aan die netwerk gekoppel is nie).

o   Selfs die mees basiese toestelle sal help verseker dat u u belangrikste toestelle kan gebruik gedurende langdurige verduisterings – veral met transformators wat kort-kort breek.

 

·       Bly gekonnekteer:

o   Verseker dat u te alle tye genoegsame selfoondata het om kontak te kan maak in noodgevalle, of om gereelde en opgedateerde nuus te ontvang gedurende kragonderbrekings.

o   Belê in ‘n wi-fi kragbank om die internet aan te hou tydens beurtkrag.

 

·       Bly veilig:

o   Misdadigers het ook toegang tot beurtkragskedules en sal toeslaan op enige kwesbare areas – veral dààrdie met afgeskakelde of vals alarms.

o   Wees waaksaam oor moontlike kwesbare sekuriteitsareas en om u eiendom te beveilig.

o   Hou altyd ‘n flitslig in u motor byderhand vir daardie aande wanneer u laat tuiskom en alles is onverwags in duister gehul.

 

·       Wees gerugsteun:

o   Skaf rugsteunbatterye aan vir alarms en heksisteme sodat hulle in ‘n werkende toestand kan wees gedurende beurtkrag. Dit sal aan u die gemoedsrus gee van veilige toegang tot u eiendom, sonder die verrassing van onwelkome besoekers.

 

·       Genereer bykomende krag:

o   Toestelle, soos sonpanele, kragopwekkers of ononderbroke kragverskaffers (UPS), sal help om alle toerusting teen kragstuwings en -onderbrekings te beskerm tydens beurtkrag.

o   Wees versigtig indien u ‘n binnenshuise kragopwekker het, aangesien brandstof-emissies versmoring kan veroorsaak en foutiewe verbindings tot brande kan lei.

o   Sorg dat u ‘n Sertifikaat van Nakoming vir al bogenoemde installasies het, anders word enige toekomstige skade dalk nié deur u versekering gedek nie.

 

·       Gaan vir gas:

o   Aangesien gas goedkoper is as elektrisiteit, sal dit u baat om te belê in ‘n klein gasbottel of -lamp vir kook of ekstra beligting. Alternatiewelik kan u probeer om etes vooraf te berei of kookwater in ‘n warmwaterfles te hou vir warm drankies. 

o   Maak seker dat u ‘n Sertifikaat van Nakoming het vir enige gasinstallasies.

 

·       Kerse:

o   Kerse is goedkoop en verskaf beligting en atmosfeer tydens beurtkrag. Wees egter versigting wanneer u hulle blus en plaas dit slegs op veilige plekke – weg van gordyne en ander vlambare meubels.  

 

·       Versekerde voedsel:

o   Vind uit of u Huisinhoudversekering ook die inhoud van u yskas dek; indien wel, bêre alle kwitansies vir ingeval u enige voedselskade opdoen tydens lang onderbrekings. Probeer ook om u yskas- en vrieskasdeure soveel as moontlik toe te hou sodat die inhoud koel bly.

 

·       Dokumente en data:

o   Rugsteun altyd enige belangrike gestoorde data op u tuisrekenaar om dit te beskerm teen onvoorsiene elektriese foute.

o   Bêre belangrike dokumente in ‘n vuurvaste en waterdigte kluis om dit van kriminele te bewaar gedurende beurtkrag of ander noodgevalle.

 

·       Hou nood kontakte byderhand:

o   Stoor alle nood kontakte, byvoorbeeld die brandweer, polisie, mediese dienste, vriende en familie op u selfoon, en hou ook uitgedrukte kopieë van al u nodige versekeringsinligting – wat omskryf wàt gedek gaan word in die geval van skade of verliese – byderhand.

 

Hierdie is slegs ‘n paar nuttige wenke om die versekeringsrisiko’s rakende beurtkrag te versag en u eiendom teen potensiële skade te beskerm. Gesels vandag nog met ‘n APBCO-makelaar om u te help om die veiligheid van beide uself en u geliefdes te prioritiseer gedurende kragonderbrekings. Ons sal u bystaan met inligting en voorberei om beurtkrag met selfvertroue en gemoedsrus te hanteer.